NewsSchools

Riebeeckrand vereer hul leerlinge

Hoërskool Riebeeckrand vereer hul leerlinge vir hul puik prestasies gedurende die jaar tydens 'n glans prysuitdeling.

Hoërskool Riebeeckrand het vanaf 24 tot 26 Oktober verskeie prysuitdeling galafunksies aangebied om hul leerlinge te vereer vir hul puik prestasies gedurende die jaar.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, het die skool drie afsonderlike galafunksies aangebied.

Tydens die eerste prysuitdeling gala funksie, wat op 24 Oktober plaasgevind het, het Hoërskool Riebeeckrand al die Graad 12 leerlinge vir hul puik sport en kultuur prestasies vereer.

“Dit was ‘n uitsonderlike aand en elkeen van die Graad 12 leerlinge wat ‘n toekennig ontvang het, het die saal opgehelder met hul skooldrag.

“Vir dié groep leerlinge is dit die laaste prysuitdeling gewees wat hulle in hul skooldrag sal bywoon,” vertel Rickus.

Die volgende aand het Hoërskool Riebeeckrand al die kultuurleerlinge van Graad 8 tot Graad 11 tydens die kultuurprysuitdeling vereer.

Die laaste prysuitdelingsfunksie het op 26 Oktober plaasgevind. Dit was die sportprysuitdeling vir Graad 8 tot Graad 11 leerlinge.

“Die geleentheid, soos die voriges was almal goed bygewoon en om die aand meer intiem te maak, het ons dit goed gedink om die Goue Leeus Rugbyspeler, Kobus Grobelaar, te nooi as gasspreker,” vertel Rickus.

Die bestuur van Hoërskool Riebeeckrand wens elke leerlinge geluk met hul puik prestasies.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button