NewsSchools

Jannas stig stoeiklub

Hoërskool Jan Viljoen nooi alle belangstellendes in die gemeenskap om by hul nuutgesigte stoeiklub in te skakel.

Hoërskool Jan Viljoen het onglangs ‘n stoeiklub gestig en nooi alle belangstellendes in die gemeenskap om by dié klub in te skakel.

Volgens die sekretaris van die stoeiklub, Fanie Schoonraad, is die stoeiklub nie net vir leerlinge van Hoërskool Jan Viljoen nie, en enige stoeiliefhebber in die gemeenskap is welkom om by die klub in te skakel.

“Ons het ‘n groot nood in die gemeenskap gesien en dadelik besluit om werk daarvan te maak. Ons is trots om te sê dat die stoeiklub al reeds in Oktober geopen is,” vertel Fanie.

Hy vertel verder dat die klub vanaf Hoërskool Jan Viljoen sal funksioneer, aangesien dié skool se binneshuise krieketnette in ‘n stoeiklub ontskep is.

“Ons het al reeds ‘n beheerliggaam vir die klub verkies,” vertel Fanie.

Die klubvoorsitter is Jannie du Preez terwyl Marlene Baiton die rol van vise-voorsitter sal volstaan. Verder is Edna Maree as Tesourier verkies en Ben Gouws sal die afrigting behartig.

Niekie Barkhuizen is aangestel as ‘n addisionele lid en sal verantwoordelik wees vir die mediese aspek van die stoeiklub.

“Ons doen ‘n beroep op diegene in die gemeenskap wat by dié sport wil bbetrokke raak om so gou as moontlik by die klub in te skakel,” vertel Fanie.

Vir enige navrae of meer inligting rondom die klub, skakel gerus die klubvoorsitter, Jannie du Preez, by 071 282 7207.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button