NewsSchools

Ram hou suksesvolle entrepreneursdag

Laerskool Randfontein se Graad 7 leerlinge wys dat hulle goeie entrepreneurs van Suid-Afrika kan word.

Die Departement van Onderwys vereis dat al die Graad 7 leerlinge ‘n entrepreneursmark aan die einde van die vierde kwartaal, as deel van hul Ekonomiese Bestuurswetenskappe (EBW) hou.

Laerskool Randfontein se Graad 7 leerlinge het op 1 November‘n fantasiese markdag gehou.

Daar is tydens die geleentheid gespook, verkoop, onderhandel, gespeel, gedans en geëet.

Die Graad 7 personeel, onder leiding van Annie Nolan, het besluit om soveel as moontlik van die vakke by die dag te betrek.

Daarom het die leerlinge punte gekry in EBW vir die bestuur van die stalletjie, in Tegnologie vir ‘n elektriese stelsel, in Kuns en Kultuur vir die versierings en plakate en in Wiskunde vir die finansieële state.

“Die leerlinge het hul besonder goed van hul taak gekwyt met party wat tot R3 000 wins gemaak het. Dit is fantasties as mens in ag neem dat die mark net drie ure geduur het.

“Ons is baie trots op die leerlinge wat kan geld maak uit niks uit nie,” vertel Annie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button