NewsSchools

Ram neem deel aan UJ-Gholfreeks

Laerskool Randfontein se gholfsterre presteer by die UJ-Gholfreeks.

Vier van Laerskool Randfontein (Ram) se Graad 7 leerlinge het vanjaar aan die jaarlikse UJ-gholfreeks deelgeneem.

Renaldo Luit het die langste dryfhou van die reeks geslaan en Pierre Maree het die titel van ‘naaste aan die puitjie’ verower.

Die vierbal, wat uit Weinand Coetzee, Renaldo Luit, Morne Holland en Pierre Maree bestaan het, is deur Laerskool Randfontein onderwysers Patrick Masser en Ruard van Rooyen vergesel.

“Dit was ‘n pragtige somersdag perfek vir gholf speel,” vertel Patrick.

Die seunsspan het algeheel tweede geëindig uit die 12 skole van regoor Gauteng wat deelgeneem het.

“Ons is baie trots op die seuns en weet hul gaan nog groot hoogtes in hul gekose sportsoort bereik,” vertel Patrick.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button