Die Ramkriekies van Laerskool Randfontein het weereens die kollig tydens hulle suksesvolle konsert gesteel.
Die tema vir vanjaar se konsert was ‘Hopla-Kriekie-Styl’ en met liedjies van Step-Up en ander treffers soos ‘Sewe Soene’, ‘Daar’s ‘n hoender’, ‘Draai my om jou pinkie’ en allerhande Voortrekker-treffers was dié geleentheid beslis ‘n hoogtepunt vir die kleuters.
Die organiseerders van die konsert Annalie Grobbelaar en Debbie Dutton is baie trots op die kleuters van Ramkriekies, en sê dit was fenominaal om al die leerlinge op die verhoog te sien.
Die Ramkriekie kleuterskool bestaan uit 10 klasse, waarvan twee klasse vir 4-jariges is, drie klasse vir 5-jariges is en vyf klasse uit Graad R leerlinge bestaan.
“Elke klas en onderwyseres het hul eie liedjie gekies en passies self uitgewerk.
“Die kreatiwiteit by die kleuterskool is bodemloos as mens gesien het wat op die planke gebring is,” vertel Annalie.



