NewsSchools

Ram vereer hul leerlinge se prestasies

Laerskool Randfontein vereer hul leerlinge vir hul prestasies gedurende die afgelope jaar.

Laerskool Randfontein (Ram) het ‘n week van prysuitdelings agter die rug en het die geleentheid gebruik om hul leerlinge vir hul puik prestasies te vereer.

Dis die beleid van dié skool om erkenning te gee aan al die prestasies wat ‘n leerling behaal het, binne skoolverband en buite.

Elke graad word afsonderlik gehanteer, onderleiding van die verskeie graadhoofde. Die personeellid aan hoof van die prysuitdelings is Dalena Botha en dit was haar werk om seker te maak elke leerling ontvang die regte toekennings.

Vanjaar se prysuitdelings was van besonderse hoë gehalte en ware spog geleenthede.

Die personeel van Ram is baie trots op hul leerlinge se pragtige prestasies.

Anique Lubbe is vir die derde jaar in ‘n ry as Dux-leerling van die skool aangewys. Dié besonderse prestasie gee sodoende vir haar ‘n plek op die skool se ererol.

Anique is ook hoofdogter van Ram gewees tydens 2013. Ram se hoofseun, Pierré Maree, is die tweede beste akademiese leerling in Graad 7.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Randfontein, Annie Nolan, is dit die eerste keer dat beide die hoofleiers ook die beste in akademie is. Anique is ook as die veelsydigste leerling aangewys.

“Ons sportseun vir 2013 is Tiaan Barnard en sportdogter is Melouise Mulder,” vertel Annie.

Verder het die hoof van Ram ook ‘n spesiale toekenning aan Aluska Pretorius tydens die geleentheid oorhandig.

Die beste akademiese leerling in Graad 4 was Caitlin Begg, in Sunika van Wyk is as die top akademiese leerling in Graad 5 aangewys. Giselle Rautenbach is tydens die geleentheid as die top Graad 6 akademiese leerlinge aangewys.

Verskeie leerlinge het ook tydens dié prysuitdelings erekleure verwerf.

Die hoogste toekenning wat ‘n leerling by Laerskool Randfontein kan ontvang is om op die ererol geplaas te word.

Verskeie leerlinge se prestasies was besonders en hul is op die ererol geplaas. Die leerlinge is Daléén Nel – Jukskei, Tiaan Barnard – Atletiek, Charlize Janse van Rensburg – Skryfkuns, Anique Lubbe – Hoofdogter asook DUX-leerling en Pierré Maree – Hoofseun.

“Dis vir ons as personeel baie belangrik dat die leerlinge gereeld by die skool is en nie onnodig afwesig is nie. Daar is vanjaar vyf Graad 7-leerlinge wat erkenning gekry het vir 7 jaar 100 persent skoolbesoek. Dié leerlinge is Armand Dreyer, Lenard Botha, Aluska Pretorius, Monique Snyman en Carla du Plessis. Dis voorwaar ‘n uitstekende prestasie,” vertel Annie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button