Dit is met trots dat Laerskool Rapportryer vanjaar se Dux-leerlinge asook Rappie van die Jaar in elke graad aankondig.
Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, is die Rappie van die Jaar in elke graad ‘n leerling wat op alle gebiede, Akadenie, Sport en Kultuur die beste in sy of haar graad presteer het.
“Vanjaar se Rappies van die Jaar is Chane Vermeulen, Michael
Croucamp, Jaden Smith, Helga du Plessis, Christiaan Fourie, Ju-hanie
Wilken en Tiaan Wilken,” vertel Roleen.
Behalwe vir die Rappies van die jaar, het Laerskool Rapportryer ook onglangs hul Dux-leerling in elke graad bekendgemaak.
Volgens Roleen, is die Dux-leerling die leerling van elke graad wat die beste akademiese prestasie vir die jaar behaal het.
Dié leerlinge is Carla Richards, Ashley Stewart, Gemma Botha, Vitali Beukes, Kayleigh Victor, Divan du Toit en Adele Horn.
“Ons is baie trots op elkeen van die leerlinge en wens hulle geluk met hul uitsonderlike prestasies,” vertel Roleen.



