NewsSchools

Rappies spog met ‘n suksesvolle ubuntu projek

Laerskool Rapportryer se Graad 5 en 6 leerlinge spog met nog 'n suksesvolle Ubuntu liefdadigheidsprojek.

Laerskool Rapportryer se Graad 5 en Graad 6 leerlinge het onglangs aan ‘n Ubuntu-projek deelgeneem om te verseker dat ‘n hele paar gesinne ‘n beter Kersfees gaan hê.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het die leerlinge sagte speelgoed en bestanddele vir ‘n kerspoeding

ingesamel.

Hannetjie Harris van Stigting Koningskinders het die geskenke by Laerskool Rapportryer in ontvangs geneem en sal toesien dat daar vele kindergesiggies die Kersfees sal skitter.

“Ons is baie trots op die groep leerlinge. Dit is werklik ‘n riem onder die hart om te sien dat kinders van hul ouderdom soveel vir hul medemens omgee. Baie geluk met ‘n puik Ubuntu-projek,” vertel Roleen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button