Hoërskool Jan VIljoen buig uit diepe dankbaarheid omdat hul vanjaar die voorreg gehad het om hul 75ste bestaansjaar saam met die gemeenskap te vier.
Volgens die hoof van Hoërskool Jan Viljoen, Julius Katzke, is dit net deur genade dat hulle dié mylpaal kon haal en dank hulle God vir Sy teenwoordigheid by die skool.
“Ons bedank ook die gemeenskap vir hul ondersteuning en bystand deur die jaar,” vertel Julius.
“Dit is ons opregte wens dat ons hele gemeensap, elke Randfonteiner saam met ons dié Kerstyd die geboorte van ons Verlosser sal vier en die ware betekenis van Kersfees sal onthou.”
“Mag u die vreugde van die Feestyd met geliefdes deel en mag God, Sy hand oor Randfontein en sy mense hou die komende feesseisoen.”
Dit is elke Jannas-onderwyser se wens dat 2014 die jaar sal wees waarin die liefde van Jesus in elke Randfonteiner se hart sal brand.
Julius bedank ook elke leerling en onderwyser vir hul harde werk gedurende die jaar en los elke lid van dié gemeenskap met die volgende gedagte:
“Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser Gebore, Christus die Here – Lukas 2: 11.”



