Met nog ‘n skooljaar agter die rug, wens die hoof van Hoërskool Riebeeckrand, Annelize van den Berg, elke leerling, ouer en lid van die gemeenskap ‘n wonderlike feesseisoen toe.
Volgens Annelize, was die jaar weer ‘n baie suksesvolle jaar vir Hoërskool Riebeeckrand en bedank sy elke leerling, ouer en lid van die gemeenskap vir die toegewyde ondersteuning wat Hoërskool Riebeeckrand gedurende die jaar geniet het.
“Aan al ons leerlinge, baie sterkte met jul uitslae. Ek glo dat elkeen van julle puik resultate sal kry.
“Aan ons matrikulante vir 2013; voorspoed vir die toekoms.
“Ek glo dit sal blink en vol suksesse en seën wees,” vertel Annelize.
“Hoërskool Riebeeckrand wil u elkeen ‘n Geseënde Kersgety toewens.
“Mag u vrede en vreugde gedurende dié tyd ervaar. Geniet die rustyd saam met u geliefdes en onthou – Maak tyd om te dink – dit is die bron van krag.
“Maak tyd om te speel – dit is die geheim van ewige jeug. Maak tyd om vriendelik te wees – dit is die pad na geluk.
“Maak tyd om te lag – dit is musiek vir die siel en belangrikste, maak tyd vir God – dit is die enigste standhoudende belegging.”



