NewsSchools

Jannas matrieks spog met puik uitslae

Hoërskool Jan Viljoen se matriekulante het van vroegoggend af by die skool ingestroom om uit te vind of hul skoolloopbaan op 'n hoë noot eindig het.

Hoërskool Jan Viljoen se matriekulante vir 2013 het op 7 Januarie van vroegoggend af by Jannas se skoolsaal ingestroom om hul finale uitslae te kry.

Volgens die adjunkhoof van Hoërskool Riebeeckrand, Sarel Steyn, het verlede jaar se matrieks besonder goed presteer.

Hy vertel dat ‘n totaal van 149 leerlinge vir die matriekeksamens gedurende 2013 aangemeld het. Slegs een uit dié groep leerlinge het nie die minnimum vereistes bereik nie.

“Daarom is ons by Hoërskool Jan Viljoen baie trots op ons 99,3 persent slaagsyfer,” vertel Sarel.

“Ons as bestuur van Hoërskool Jan Viljoen is baie trots op elkeen van ons matriekulante.

Hulle het baie hard gewerk om dié uitslae te bereik en elkeen van hulle het die vrugte van hulle werk gepluk,” vertel Sarel.

“Ons wens elkeen van dié matriekulante geluk en voorspoed vir die toekoms toe.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button