NewsSchools

Riebeeckrand matrieks blink uit

Die matriekulante van Hoërskool Riebeeckrand spog vanjaar weer met puik matriek uitslae.

Hoërskool Riebeeckrand het weer gewys dat hulle beslis een van die top presteerende skole in Randfontein is toe hulle tydens die matriekuitslae se aankondiging ‘n slaagsyfer van 99,36 persent bereik het.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, het daar tydens die 2013 matriekeksamen 160 Riebeeckrand-leerlinge aangemeld vir dié eksamen.

Uit die 160 leerlinge, het daar slegs een leerling nie aan die minimum vereistes voldoen nie.

“Riebeeckrand se matriekulante het besonders goed gevaar en ‘n groep gemiddeld van 60,2 persent vir al die vakke wat hulle geskryf het behaal,” vertel Rickus trots.

Hy vertel verder dat hul gemiddeld vir Wiskunde bo 60 persent was en die hele groep matrieks het wiskunde geslaag.

“Die vak met die topgemiddeld was Visuele Kuns, wat ‘n graadgemiddeld van 84,8 persent bereik het,” vertel Rickus.

“Die matriekgroep vir 2013 het baie goed gevaar.

“Ons elkeen by Hoërskool Riebeeckrand is werklik trots op julle en wens julle net die beste vir die toekoms toe,” vertel Rickus.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button