NewsSchools

Ram verwelkom hul Graad 1 leerlinge

Laerskool Randfontein se bestuur verwelkom hul nuwe Graad 1 leerlinge met hul eerste dag van skool.

Vir talle leerlinge het 15 Januarie ‘n baie belangrike dag in hul lewe gemerk, aangesien dit hul eerste dag van skool is.

Laerskool Randfontein het vanjaar 174 nuwe Graad 1 leerlinge by die skool verwelkom en alhoewel sommige van die nuwe Rammies baie opgewonde was oor hul eerste dag, het verskeie leerlinge maar met hartseer gesiggies van hul ouers afskeid geneem.

Tog was die trane vinnig met glimlaggies vervang en die leerlinge het sommer vinnig in hul klasse aangepas.

Volgens een van die Graad 1 onderwysers by Ram, Renata Viljoen, het die leerlingraad van Laerskool Randfontein met die Graad 1 leerlinge en hul ouers se aankoms by die skool ‘n erewag gevorm.

“Die Graad 1 maatjies en hul ouers het op die rooi tapyt deur die erewag beweeg en is daarna deur die hoof, Leon Haupt, en die Grondslagfase se hoof, Bea Nortjé by die skool verwelkom,” vertel Renata.

Met die nuwe leerlinge in hul klassies het die dag sommer dadelik vir hulle begin en terwyl sommiges lekker ingekleur het, kon ander nie wag om vir die eerste keer in hul skoolloopbaan hul kosblikke oop te maak en aan hul toebroodjies te smul nie.

“Ons as onderwysers is daie opgewonde oor die jaar en sien baie daarna uit om saam met die mooi groep leerlinge die jaar te spandeer. Elkeen van hulle lyk baie opgewonde om in die ‘groot skool’ te wees en het werklik die jaar met ‘n positiewe gesindheid afgeskop,” vertel Renata.

Vir al die pragfotos van die nuwe Graad eens by Ram, kliek hier.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button