NewsSchools

Jannas groentjies laat gehoor skaterlag

Hoërskool Jan Viljoen se groentjies laat die gehoor skaterlag tydens hul groentjiekonsert.

Hoërskool Jan VIljoen het op 5 en 6 Februarie hul jaarlikse groentjiekonsert aangebied en weereens met ‘n puik produksie die gehoor vermaak.

Volgens die hoof van Hoërskool Jan Viljoen, Julius Katzke, was die verteenwoordigende raad van leerlinge (VRL) vanjaar verantwoordelik vir die hele groentjiekonsert.

“Ons skool se senior VRL het hulself weer goed van hul taak gekwyt en ‘n puik produksie op die planke gebring,” vertel Julius.

Hy vertel verder dat die konsert propvol humor was en dat die gehoor van begin tot einde geskaterlag het.

Met beide die optredes van dié groentjiekonsert was die skoolsaal vol vriende en familielede wat die konsert bygewoon het.

“Dit is vir ons werklik ‘n riem onder die hart om te sien dat daar soveel mense is wat ons groentjies ondersteun. Julle het dit beslis vir die VRL en elke Graad 8 leerlinge die moeite werd gemaak om die produksie op te voer,” vertel Julius.

Julius bedank ook elke VRl lid, onderwyser en Graad 8 leerling vir hul harde werk wat van dié geleentheid ‘n sukses gemaak het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button