Rappies Pre-primêr se jaarlikse kleuteratletiekbyeenkoms was weer hierdie jaar ‘n besondere geleentheid op die kalender en elke kleuter wat aan die byeenkoms deelgeneem het, het dit baie geniet.
Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het meer as 300 kleuters aan die byeenkoms deelgeneem.
“Die kleuters wat deelgeneem het was tussen die ouderdom van 3 en 6-jaar en het elkeen hul beste op die atetiekbaan gelewer,” vertel Roleen.
Sy vertel verder dat die dag groot pret was en dat elke deelnemer ‘n medalje ontvang het.
Elkeen van die kleuters het soos ‘n wenner gevoel,” vertel Roleen.
Die ouers het die pawiljoen volgepak om hul kleuters se eerste amptelike atletiekbyeenkoms vir die jaar te vier.
Rappies Pre-Primêr se bestuur bedank Laerskool Rapportryer, al die organiseerders, en die kleuterskole wat deelgeneem het vir hul betrokkenheid by die geleentheid.



