Laerskool Rapportryer se leiers het op 24 en 25 Januarie ‘n leiersontwikkelingskamp by die Konka Kampterrein bygewoon en het tydens die geleentheid geleer wat dit werklik beteken om ‘n leier te wees.
Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het dié groep leerlinge daar geleer hoe om as ‘n span saam te werk en het hulle aan verskeie aktiwiteite deelgeneem soos probleemoplossing, roei, literiabane, tromslaan en kommunikasievaardighede.
“Rappies se leiers het ook alreeds gehelp met die huissport, kleuteratletiek, sirkel C en sub-distrikte atletiekbyeenkomste.
“Hulle het ook ‘n baie suksesvolle Valentynsokkie aangebied en gewys dat dié ontwikkelingskamp beslis vrug gedra het,” vertel Roleen.
Rapportryer is baie trots op hierdie hardwerkende groep leiers en sien daarna uit om die jaar vorentoe saam met hulle te werk.



