NewsSchools

Ram atlete blink uit

Laerskool Randfontein atlete staan hul man tydens die Randwes Subdistrikte Atletiekbyeenkoms.

Laerskool Randfontein het tydens die Randwes-Subdistrikte atletiekbyeenkoms uitstekend gevaar en stof in die oë van die ander atlete geskop.

Die byeenkoms het op 13 Februarie plaasgevind en sowat 21 skole het aan dié geleentheid deelgeneem.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Randfontein, Annie Nolan, het Ram se atlete tydens die byeenkoms ‘n totaal van sewe derde plekke, vier tweede plekke en 19 eerste plekke verower.

“Ses van ons atlete het ook rekords verbeter tydens die byeenkoms.

“Dié rekords was in die o.10 gewigstoot deur Chris Wilken, o.10 gewigstoot deur Lou-Nita Vorster, o.10 gewigstoot deur Andri Prinsloo, o.11 gewigstoot deur Roché Rautenbach, o.12 gewigstoot deur Tiaan Barnard en die o.12 hekkies (150m) deur Michaela Lubbe,” vertel Annie trots.

Sy vertel verder dat 25 van Ram se atlete in die Randwes-Subdistrikte-span opgeneem is.

“Die groep atlete sal dan ook aan die Gauteng-Wes Atletiekbyeenkoms deelneem.

“Die Gauteng-Wes byeenkoms sal op Hoërskool Noordheuwel se atletiekbaan plaasvind,” vertel Annie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button