NewsSchool sportSchoolsSport

Riebeeck bied top atletiekbyeenkoms aan

Vanjaar het dié byeenkoms op 25 Februarie by die Herman Immelman Stadion in Germiston plaasgevind.

Hoërskool Riebeeckrand het vanjaar die geleentheid gehad om die prestige NWU Puk Interskole Super 16 Atletiek kampioenskappe aan te bied en het ook tydens die geleentheid puik gevaar.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, kry Riebeeckrand elke 16-jaar die geleentheid om die Super 16 Atletiekbyeenkoms aan te bied.

“Vanjaar het dié byeenkoms op 25 Februarie by die Herman Immelman Stadion in Germiston plaasgevind,” vertel Rickus.

“Dit het weke se beplanning geverg om die byeenkoms te reël, maar die geleentheid was ‘n reuse sukses en ons hoofborg, NWU Puk, was baie gelukkig met hoe die dag verloop het.”

Volgens Rickus, moes Hoërskool Riebeeckrand teen skole soos Klerskdorp, Benoni, Lichtenburg, Vorentoe, Prestige College, Florida, Jeugland, Middelburg, Hugenote, Driehoek, Bergsig, Brits, Vereeniging, Potchefstroom Gimnasium en Linden kragte meet.

“Hoërskool Riebeeckrand het puik gevaar tydens die geleentheid en Lizerie Ferreira is as die Senior Victrix Ladourim aangewys,” vertel Rickus trots.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button