NewsSchool sportSchoolsSport

Jannas leerling staan sterk by Midmar Mile

Asher van Niekerk van Hoërskool Jan Viljoen staan sterk tydens Suid-Afrika se grootste oopwater swemkompetisie.

‘n Leerling van Hoërskool Jan Viljoen, Asher van Niekerk, het op 11 en 12 Februarie sy merk by Suid-Afrika se grootste oopwaterswemkompetisie, die Midmar Mile, gemaak.

Volgens Asher, het dié kompetisie by die Midmar Dam in Howick plaasgevind en sowat 15 000 swemmers het aan die prestige kompetisie deelgeneem.

“Die Midmar Mile is ‘n baie strawwe kompetisie. Vanjaar was die tweede keer dat ek aan die Midmar Mile deelneem en ek is trots op die feit dat ek vanjaar my tyd met meer as vier minute verbeter het,” vertel Asher.

Asher spog vanjaar met ‘n algehele 1433ste plek in ‘n tyd van 50.54 minute oor die myl van oopwater.

Die bestuur van Hoërskool Jan Viljoen is baie trots op Asher en wens hom geluk met dié besonderse prestasie.

“Ek wil ook net van die geleentheid gebruik maak om my innige meegevoel te deel met die familie van een van my mededeelnemers wat tydens die Midmar Mile verdrink het,” vertel Asher ten slotte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button