Local newsNews

Maranatha hou Paaskonferensie

Saterdag se aktiwiteite word met 'n gratis vertoning deur gewilde Afrikaanse musikant Danie Botha afgesluit.

Die Maranatha Aanbiddingsentrum hou weer oudergewoonte tydens die Paasnaweek ‘n konferensie en nooi die gemeenskap uit om die geleentheid by te woon.

Volgens Pastoor Chris Fourie van die Maranatha Aanbiddingsentrum is dié konferensie oop vir enigeen wat voel dat hulle ‘n aanraking van die Here in hul lewe nodig het.

“Die tema vir hierdie jaar se konferensie is Nooi die Ere Koning in,” sê Chris.

“Ons wil hierdie jaar die Ere Koning in ons dorp, ons kerke, ons huise en in ons lewens in nooi.

“Hy verdien opnuut die ereplek in ons lewens.”

Die konferensie skop op Donderdag 17 April om 10vm met ‘n pastoreseminaar, wat weer om 12nm aangebied word, af.

Die openingsdiens sal 17 April om 7nm deur Pastoor Leon de Beer aangebied word,

Daar sal daagliks tydens die Paasnaweek aktiwiteite by die kerk wees.

Saterdag 19 April sal daar ondermeer ‘n opvoering en poppekas vir kinders gehou word.

Saterdag se aktiwiteite word met ‘n gratis vertoning deur gewilde Afrikaanse musikant Danie Botha afgesluit.

Sondag se aktiwiteite skop met ‘n nagmaal om 8vm af en die konferensie sal om 6nm deur Pastoor Marinus Coetzee afgesluit word.

Vir meer inligting oor die Paaskonferensie, kontak vir Chris Fourie by 011 415 0900 gedurende kantoor ure, of by 083 250 4993 na-ure.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button