Wen kaartjies na Juanita vertoning
Die Herald bied lesers nou die kans om Suid-Afrika se platinumprinses in aksie te sien.
Ons nuutste kompetisie is hier.
Juanita du Plessis is een van die land se grootste musieksterre en herald-lesers kry nou die geleentheid om 10 kaartjies vir haar vertoning in Fochville te wen.
Sy het Suid-Afrika reeds in 1998 op horings gehad met haar debuutalbum getiteld Juanita.
In 2010 is sy gekroon as die land se platinumprinses toe sy die rekordboeke herskryf het nadat haar algehele albumverkope die 1,6 miljoen-merk verbyge-steek het.
Haar gospel-album, Vlieg Hoog hou steeds die rekord as die top Afrikaanse gospelalbumverkoper ooit en in 2012 word sy die eerste kunstenaar in Suid-Afrika se musiekgeskiedenis om twee miljoen albums te verkoop.
Juanita is bekend onder haar aanhangers as ‘n plat-op-die-aarde mens.
Haar energieke optredes is landwyd vol bespreek en nou is jou kans om Juanita op die verhoog in aksie te sien.
Die herald gee vyf stelle kaartjies aan vyf gelukkige lesers weg om Juanita se vertoning op 22 Mei in Fochville by te woon.
Al wat jy hoef te doen om in aanmerking vir dié prys te kom, is om in die kommentaarboksie vir ons te sê wat jou gunstelling Juanita-liedjie is en waarom.
Ons sal dan weekliks ‘n wenner kies.



