CrimeLocal newsNews

VIDEO: Skelms raak te mak

‘Jy, grootmeneer en jou vrou en helper moet weet, Big Brother het julle gesien en ek gaan julle almal vang' — eienaar.

Johan Hamman van Zurial Auto in Villagestraat is briesend nadat drie verdagtes Sondag 8 Maart ‘n voertuig om 11vm uit sy besigheidserf gesteel het.

“Ek en my vrou was dorp toe en toe ons terugkom het ek gesien die hekke se slotte is oopgebreek en een van my kliënte se motor, wat nie eers loop nie, is gesteel. Die sekuriteitsbeampte oorkant my perseel het my toe vertel dat ‘n bakkie met ‘n groot man, vrou en jongerige knaap in ‘n wit Colt-bakkie die motor weggesleep het. Hy het niks vermoed nie omdat die mense rustig was en gelyk het of hulle dit met my gereël het,” het Johan vies vertel.

Hamman het CCTV videos gekry van voor sy werkswinkel, voor in die straat en by Uncle Harry’s se twee vulstasies waar daar duidelik gesien kan word hoe die diewe die silwer BMW steel en die motor se pap wiele by die vulstasies pomp.

“Ons is besig om die video’s te analiseer en dit gaan nie lank vat vir ons om die registrasienommer sowel as die mense se gesigte te vergroot nie. Jy, grootmeneer en jou vrou en helper moet weet, Big Brother het julle gesien en ek gaan julle almal vang,” het Hamman nog baie kwaad vertel.

Die diewe het die motor se agtervenster uitgeslaan om dit oop te kry. Die BMW het ook nie ‘n enjintop gehad nie en dit het ‘n oliestreep gelaat tot by die vulstasie waar Hamman ook CCTV-video’s van die diewe gekry het.

Na die diewe by die vulstasie weg is, het hulle met die R28 Paardekraal-pad in die rigting van Krugersdorp gery. Daar het Hamman ‘n inbraaksaak by die polisie aangemeld. Hy glo vas die saak gaan vinnig opgelos word met al die bewyse wat hulle al teen die diewe het.

“Ek gee nie om wat se kleur hulle is nie, hulle is diewe en hulle moet boet vir wat hulle gedoen het,” het Marianna Hamman, Johan se vrou gesê. Enige iemand wat die mense Sondag in Villagestraat gewaar het, of weet waar hulle bly of wie hulle is, kan Johan kontak by 072 178 6042.

'n Nota gelos vir die diewe op Zurial Auto se hek in Villagestraat.
‘n Nota gelos vir die diewe op Zurial Auto se hek in Villagestraat.

 

Kyk na die CCTV-video’s hier:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button