CrimeLocal newsNews

Polisie slaan toe op dwelmsmouse

'n Spesiale dank aan die Nasionale Vervolgingsgesag se personeel vir al die harde werk wat hulle insit om dwelms in Randfontein uit te wis.

Speurders van die Randfontein Polisie het ‘n klop op die skouer gekry vir hul uitmuntende werk ten opsigte van dwelmverwante sake. Hulle speurwerk het tot groot sukses in die Randfontein Landdroshof gelei aangesien hulle ‘n hele aantal oortreders aan die pen laat ry het.

Tussen 23 Februarie en 10 Maart is talle sake in die hof aangehoor wat verband hou met die besit of verkoop van dagga asook gevaarliker dwelms.

Elf mense is skuldig gevind in nege verskillende dwelmverwante sake en is boetes asook gevangenisstraf in sommige gevalle opgelê. In een saak is ‘n beskuldigde ses maande gevangenisstraf of R2 000 boete opgelê, terwyl ‘n ander ses maande gevangenisstraf sonder die keuse van ‘n boete gekry het.

Twee ander beskuldigdes is elk ‘n jaar gevangenisstraf opgelê vir die besit van dagga.

“Ons doen alles in ons vermoë om die dwelms en dwelmhandelaars van Randfontein se strate af te kry,” het kaptein Appel Ernst, Randfontein-polisiewoordvoerder gesê.

Kolonel Marius Smit, Randfontein Polisie se waarnemende bevelvoerder het bygevoeg dat die boetes en gevangenisstraf hopelik as ‘n waarskuwing vir dwelmhandelaars en -gebruikers sal dien. Hy het ook gesê dwelmverwante oortredings in Randfontein sal swaar gestraf word.

“Baie geluk aan die beamptes en ondersoekbeamptes wat die arrestasies behartig het, in die hof getuig het en gehelp het om die suksesvolle uitsprake te bewerkstellig. Ook net ‘n spesiale dank aan die Nasionale Vervolgingsgesag se personeel vir al die harde werk wat hulle insit om dwelms in Randfontein uit te wis,” het Smit gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button