Local newsNews

Nakita’s Dansklub skuif

Nakita's Dans Klub skuif na 'n nuwe dansvloer en is nou op Vrydae oop.

Die populêre nuwe dansklub in die dorp, Nakita’s Singles Club het nou ‘n nuwe adres waar mense hulle litte kan gaan skud en boude wikkel.

Ywerige dansliefhebbers kan nog steeds uitsien na dieselfde treffers en atmosfeer as by die Greenhills stadion saal. Die klub wat altyd op Donderdae-aande was, sal nou Vrydae by die Gholfklub se saal aangebied word.

“Dit gaan net soveel prêt wees as vantevore en ons sien uit om te kyk of daar meer gesigte gaan opdaag aangesien dit nou oor die naweek geskiet,” het Daan Grobler, een van die organiseerders gesê.

Mense gaan nou ook die geleentheid hê om hulle eie eet en drinkgoed na die dans te neem wat altyd die sak so bietjie help.

So as jy lus is om bietjie te two-step, lang-arm, wals of boogey, vat jou R40, jou koelerboks en jou eetgoedjies en gaan geniet die aand saam met ander dansliefhebbers.

• Navrae: 082 511 2263 of Wessie 071 890 0586.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button