Local newsNewsSchools

Rierand skiet kolskote

Tien skuts van Hoërskool Riebeeckrand behaal silwermedaljes.

‘n Handvol leerlinge van Hoërskool Riebeeckrand het tydens die April-vakansie aan die provinsiale boogskietkampioenskappe in Magaliesburg deelgeneem en ge-skutter.

Volgens Elzerie Botha, die skool se woordvoerder het al 10 deelnemende skutte tweede geïndig en almal het silwer medaljes verower.

Die deelnemers was: Christiaan Pretorius, Dylan Calitz, Sean Smit, JP Erasmus, Francois Martins, Juan Erasmus, Natasha Grobler, Jacques de la Rouviere, Christie Claase en Lizette Kalsbeek.

Behalwe vir sy silwermedalje het Christiaan ook met twee bronsmedaljes weggestap, wat ‘n uitstekende prestasie is.

“Baie geluk aan al die skuts wat Riebeeckrand se naam tydens die kampioenskappe hoog gehou het. Ons is trots op julle!” het Elzerie gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button