Local newsNewsSchools

Moddies se o.13’s is skaakmeesters

Geen skaakmat vir Moddies o.13-span.

Laerskool Modderfontein se o.13-skaakspan is onlangs as die Westonaria Ligawenners aangewys.

Dit nadat hulle vier wedstryde teen omliggende Westonaria-skole gespeel en bo uitgekom het.

Die skaakspan gaan na die Julie-vakansie met die ligawenners van buurdorpe Randfontein en Krugersdorp meeding.

Die o.13-wenspan is as volg:

• Bongumenzi Siluma, Unathi Msomi, Tiaan van Aswegen, Akhona Mehlomakulu, Mpumelelo Singo en Songezo Goxo.

Tydens die D2 Individuele Kampioenskappe wat in Mei by Randfontein High School plaasgevind het, het Unathi ‘n vierde plek en Tiaan ‘n sewende plek behaal. Hulle kwalifiseer ook vir Gauteng-kleure.

Nog 'n ster in Moddies se o.13-skaakspan is Tiaan van Aswegen wat 'n sewende plek in die D2 Individuele Kampioenskappe behaal het.
Nog ‘n ster in Moddies se o.13-skaakspan is Tiaan van Aswegen wat ‘n sewende plek in die D2 Individuele Kampioenskappe behaal het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button