Caprivi wil gestorwe soldate vereer
'Dit sal ter ere wees aan hulle wat die hoogste prys vir ons veiligheid en vryheid betaal het.'
Caprivi Bomgat se M.O.T.H-organisasie hou op Sondag 8 November ‘n kransleggingseremonie en nooi almal uit wat naasbestaandes van gestorwe soldate is om deel te wees van die verrigtinge.
Caprivi Bomgat is ‘n onderafdeling van die M.O.T.H-organisasie in Randfontein.
Alle ouers, vriende, familie en naasbestaandes van gestorwe soldate wat gedurende die eerste, tweede en ander oorloë in diens van Suid Afrika gesneuwel het, word uitgenooi om deel te wees van die seremonie.
Dit sal ter ere wees aan hulle wat die hoogste prys vir ons veiligheid en vryheid betaal het.
Die seremonie sal by die senotaaf langs Uncle Harry’s Roadhouse plaasvind. Dit sal om 10.30vm begin en alle ander belangstellendes word ook hartlik genooi om die soldate te herdenk.
Indien u wel deel wil wees van die dag, bespreek asseblief met Manie de Kock. Sy kontaknommer is 083 406 3913.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.
Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



