Local newsNewsSchools

Rappies-hoofleiers steel die kollig

Duo stap weg met meeste trofeë tydens prysuitdeling.

Met Laerskool Rapportryer se onlangse Graad 7-prysuitdeling het Tiaan Wilken (hoofseun) en Vitali Beukes (hoofdogter) met byna al die pryse weggestap.

Vitali het al nege akademiese trofeë ontvang asook die tweetaligheidstrofee. Sy is die Dux-leerling, spel-guru, veelsydigste dogter binne skoolverband asook die kultuurdogter van die jaar.

Tiaan het die trofee ontvang vir sy uitstaande vertoning in die sport van atletiek wat velditems aanbetref. Hy is ook as Sportseun van die jaar aangewys, ontvang ook die skaak-aansporingtrofee en ‘n beker vir beste Jukskei-seun.

Hy is die veelsydigste seun binne skoolverband, kultuurseun van die jaar asook Rappie van die jaar.

Rappies is baie trots op Tiaan en Vitali en wil ook wil ook al hul Graad 7s gelukwens met elkeen se prestasie.

Rappies wens hulle baie sterkte toe en glo dat hulle hoë hoogtes sal bereik.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button