Henro Steyn jou leesdoring!
Graad 8-leerling as kliniek se top leerling uit 97 aangewys.
Henro Steyn, ‘n Graad 8-leerling van Hoërskool Jan Viljoen is onlangs as Edublox Krugersdorp en Randfontein se Leerling van die Jaar 2015 aangewys.
Henro was verlede jaar ‘n Laerskool Rapportyer-leerling.
Hy ontvang ‘n prys ter waarde van R500 en sertifikaat vir sy uitmuntende prestasie.
Volgens Nicolene Potgieter, eienaar van Edublox Krugersdorp en Randfontein het Henro die prestasie bereik deur harde werk en toewyding tydens die Edublox-klasse, goeie vordering in sy leesvermoë en goeie vordering in sy skoolwerk. Hy is die wenner uit 97 kinders.
Edublox Krugersdorp en Randfontein is ‘n lees-, leer- en wiskundekliniek in Monument, Krugersdorp. Hulle het 25 takke landswyd en is ook internasionaal bekend.
“Henro geniet ons kursusse. Hy het ons Intensiewe Een op Een Kursus en ons Studiblox Studiemetodekursus gedoen en hy wil ook vreeslik graag ons Intensiewe Vakansiekursus doen.
Henro het ‘n pragtige geaardheid, baie goeie maniere en baie respek vir ander mense. Dis ‘n plesier om met hom te werk en hy is altyd positief en gee altyd sy beste.
“By Edublox leer ons kinders om beter te lees en beter te leer. Basiese vaardighede is op alle terreine belangrik. As mens byvoorbeeld hokkie wil bemeester het jy basiese vaardighede nodig. Jy moet vinnig kan hardloop, jy moet weet hoe om die hokkiestok vas te hou en jy moet weet hoe om die bal te slaan. Jy moet al hierdie basiese vaardighede goed kan gebruik en gelyktydig kan doen om te kan hokkie speel.
“Net so is dit met lees. Jy moet ‘n paar basiese vaardighede soos persepsie, konsentrasie, logiese denke en geheue hê om te kan lees. Jy moet al hierdie vaardighede baie goed en gelyktydig kan gebruik om te kan lees.
By Edublox leer ons die kinders hierdie basiese vaardighede van lees so goed dat dit geoutomatiseerd is. Wanneer ons kinders mettertyd beter lees, begin hulle beter leer en presteer.
“Ons het ook ‘n Impak Tutorsentrum vanaf Januarie 2016. Ons is baie trots op die werk wat ons doen. Ek is ook trots op die twee baie toegewyde en passievolle tutors wat ons klasse aanbied,” het Nicolene gesê.
• Navrae: Besoek www.edublox.co.za.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.
Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



