Volgens EPR was die twee verdagtes besig om ou spoorstawe te steel. Foto: pixabay.com
Een van twee verdagtes is Sondag (9 Oktober) deur EPRgearresteer nadat hulle glo spoorstawe in Homelake gesteel het.
Terwyl hy in Freda-laan gepatrolleer het, het Steven van Niekerk van EPR Sekuriteit twee verdagtesgewaar wat besig was om ou spoorstawe langs die spoorlyn te steel.
Johan Krogh, algemene bestuurder van EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand het gesê, “Die verdagtes het die EPR-voertuig gesien en begin weghardloop van die toneel af in Railwaystraat”.
Hy het verder gesê dat Van Niekerk ‘n beskrywing van die verdagtes se klere oor die tweerigtingradio gegee het en om bystand gevra het.
Reaksieoffisiere Shaun McGee en Van Niekerk kon daarin slaag om een verdagte naby die Village Inkopiesentrum te arresteer. Die verdagte is toe aan die polisie oorhandig.
Lede van die Sektor 4 Gemeenskapspolisiëringsforum was ook op die toneel.
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.