![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2016/10/IMG_0303_98259.jpg)
Brenda Williams-Ludick, 49, is ‘n gebroke vrou nadat niemand nog skuldig bevind is aan haar kleinkind, baba Joshua (ook bekend as Daemon) Botha se tragiese dood nie.
Na sy dood het bewerings van kindermishandeling die rondte gedoen.
Kaptein Appel Ernst, Randfontein Polisie-woordvoerder het toe bevestig dat die klag van kindermishandeling na moord teen die beskuldigde verander is.
Volgens Williams-Ludick is die beskuldigde in Junie vanjaar vrygelaat nadat daar glo nie genoeg bewyse teen hom was nie.
Williams-Ludick het gehuil terwyl sy gesê het, “Ek is teleurgesteld in die regstelsel, die staatshospitaal en die polisie.”
Die Herald het kommentaar by Joshua se ma probeer kry, maar kon nog nie daarin slaag nie. Die Randfontein Polisie het ook nog nie kommentaar gelewer nie.
Also read:
Mother of alleged abused baby speaks out
Baby-abuse allegations surface