NewsSchools

Jannas se Peske-Moeske-Woeske-Tinke-Troll-Molls

Jannas het onlangs hul grootste groep Graad 8's in jare vir die 2018-skooljaar verwelkom.

Hoërskool Jan Viljoen het hul nuwe groep Graad 8’s – beter bekend as die Peske-Moeske-Woeske-Tinke-Troll-Molls – op die eerste dag van die nuwe skooljaar verwelkom.

Volgens Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder is dit die grootste getal Graad 8-leerders in jare. Hulle is in ses Afrikaanse en drie Engelse klasse ingedeel.

“Die Graad 8’s volg ‘n goedgekeurde inburgeringsprogram vir die eerste vier weke waartydens hulle aan verskeie aktiwiteite deelneem om hulle in te lyf in die Jannas-familie. Die leerders lyk te spoggerig met hul trol-poniesterte en molgesiggies. Hulle oefen ook vir die Groentjiekonsert wat op 7 en 8 Februarie aangebied gaan word.”

Tamaryn het bygevoeg dat die Graad 12-VRL hulle die fynere kunsies en waardes van ‘n ware Jan Viljoener leer.

Enza Steyn, die Graadhoof, het die wens uitgespreek dat die graadaggies elke “trol”-oomblik terdeë sal geniet en dat hulle gou deel sal word en bly van hul “pragskool”.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button