Hoërskool Riebeeckrand se groentjies het op 24 en 25 Januarie vir volgepakte sale tydens hul Boot Camp-konsert gesorg.
Op die eerste dag het laerskoolleerders ‘n gratis middagvertoning geniet, en die ouers het die twee aandvertonings bygewoon.

Die konsert het die belangrikheid van samewerking beklemtoon en dat Riebeeckranders ‘n eenheid is wat altyd sal saamstaan.
“Hier by Hoërskool Riebeeckrand is ons een groot familie en die Graad 8-leerders het besluit om dié jaar, geanker in geloof, te geniet en as ‘n eenheid saam te staan,” het skoolwoordvoerder Elzeri Wright gesê.

Die Graad 8-leerders het die gehoor deurentyd vermaak en seker gemaak dat daar nie ’n oomblik van verveling was nie.
Die seniorraadlede van 2018 was deurentyd betrokke by die beplanning en aanbied van die konsert. Twee van die lede, Corrine Human en Larisha van Wyk, het die teks geskryf, en van die lede het die choreografie behartig en die hoofrolspelers afgerig.

Die rolle is vertolk deur Dewald Smith (Generaal), Marli Theunissen (Tannie Koba), Carli Rall (Katryn), Jan-Marco Bester (Wimpie), Megan Usher (Wilma), Eben Pouwels (Janko), Ane le Roux (skoolhoof), Nicolien Jacobs en Zenabria Mentoor (beheerliggaamslede), Jannike Fourie, Micaylynne Schoeman, Kristy-Lee Engelbrecht, Leigh-lyn Erasmus, Anakin Slabbert en Lucky Ramaema (skoolleerders).
“Riebeeckrand is baie trots op dit wat hul seniorraad in ‘n kort tydjie vermag het. Ons wens ook elke Graad 8-leerder ‘n jaar van goeie herinneringe by ons trotse skool toe,” het Elzerie afgesluit.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



