NewsSchools

Ma-en-dogter-aand weer ‘n groot sukses

Ma's en dogters van Riebeeckrand geniet spesiale aand saam met talentvolle spreker, Leandie du Randt en sangeres, Irene-Louise van Wyk.

Hoërskool Riebeeckrand het op 23 Februarie ‘n ma- en-dogter-aand aangebied met die talentvolle spreker, Leandie du Randt Bosch en sangeres, Irene-Louise van Wyk as gaste.

Die aand was vol pret en plesier en die gesellige atmosfeer het almal laat tuis voel. Die aand het begin met ‘n dans-sessie waartydens die vroue die geleentheid gekry het om hul twee linkervoete te verruil en danspassies na te boots – dit was hope pret!

Later die aand het die talentvolle Leandie die vroue toegespreek met haar bekende motiveringspraatjie, #NoOneCanBeatYouAtBeingYou. Irene-Louise het toe met haar unieke sangtalent vermaak. Daar was ook pryse op die spel.

“Hoërskool Riebeeckrand bedank elke ma, dogter en vriendin wat die aand saam met ons kom geniet het. Riebeeckrand bedank ook elke instansie in Randfontein wat ‘n prys geborg het vir die aand. Dit word opreg waardeer,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.

Die skool bedank ook graag Gerda Pieterse en haar span van Randwest Nissan (hoofborg) asook Randfontein Skryfbehoeftes.

Elzeri het bygevoeg, “Riebeeckrand sien daarna uit om weer in die toekoms met sulke ondersteunende en lojale borge saam te werk.”

Leandie du Randt Bosch en Irene-Louise van Wyk. Foto ingestuur.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button