
Tydens Laerskool Rapportryer se uitdunaande vir die Mnr en Mej Rappies-kompetisie was dit volgens die onnies duidelik dat hulle die mooiste kinders van al die skole het.
Volgens Rappies-skoolwoordvoerder Roleen Olivier is daar tydens die uitdunaande weereens bewys dat die Rappies-ouers soos een man optrek en hulle kinders laat blom waar hulle geplant is.
“Elke leerder, ouer en leerkrag, sekretaresses en dienste het dit uitmuntend laat werk. Baie dankie aan elke deelnemer, julle is voorwaar die wenners van môre.
“Veels geluk aan elke finalis en baie sterkte vir die Gala-aand wat op 17 Augustus plaasvind. Juffrou Magda Swart, die organiseerder van die prestige geleentheid, het gesê sy is baie opgewonde om weereens die pragtige dogters en seuns op die loopplank te sien,” het Roleen vertel.
Uit die deelnemers in die kategorieë Juniors seuns en dogters, en Senior seuns en dogters, is daar 11 finaliste gekies. Sewe seuns en dogters is in die Rappies Pre-primêre Skool: Kleuterskoolafdeling gekies. Die wenners sal tydens die Gala-aand aangewys word.




Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



