Local newsNews

Fondse ingesamel vir Divenette

'n Fondsinsameling is op Saterdag, 2 Junie soos belowe vir die 10-jarige Divenette Streicher in Greenhils gehou.

‘n Fondsinsameling is op Saterdag, 2 Junie soos belowe vir die 10-jarige Divenette Streicher in Greenhills gehou.

Divenette is reeds agt weke lank in isolasie in ‘n hoësorgeenheid in Mediclinic Kloof Hospitaal in Pretoria nadat sy septisemie opgedoen het. Die doel van die fondsinsameling is om haar hospitaalkoste te help betaal sodat sy nie in ‘n staatshospitaal hoef te wees nie.

Lizelle Colsby en Lalique Möller, wat die dag kom geniet het.

Lizelle Colsby, 24, en Liezel Lotriet, 32, is die sakevroue wat besluit het om hul harte oop te maak en die dag moontlik te maak.

Daar is heerlike smulgoed teen billike pryse verkoop en die kinders het op die springkasteel baljaar.

Lizelle, eienaar van die SMH Hair Studio het vroue en mans se hare teen afslag gesny. Yolanda Brits, ook ‘n haarkapper, was baie bedrywig.

Die bekende sanger, Nadine Maré, was ook daar om haar deel met haar pragtige stem by te dra om ‘n heerlike dag te help verseker. Ida Wilson van Grootjie se Kombuis was aan die gang en Drienie van As het lekker koekies en lekkernye verkoop.

Al was daar dié dag baie ander sportbyeenkomste en funksies in Randfontein, het die gemeenskap ‘n donasie gegee vir Divenette.

“Ek is baie dankbaar dat ons iets kon gee. Elke sent tel,” het Lizelle gesê. Sy wil ook vir Bio-Kinetics dankie sê vir hulle bydrae met die produkte vir die dag.

Enige persoon wat wil help met donasies kan vir Lizelle by 071 163 8313 skakel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button