Local newsNews

Leer ‘n Teiner ken #68 – Ulandie Weyers

Die 68e persoon in die Herald se gewilde 'Leer 'n Randfonteiner Ken'-veldtog voorgestel.

Op Woensdag, 13 Junie, het die Herald in die 68e aflewering van #Leer ‘n Teiner ken, vir Ulandie Weyers, 37, ontmoet.

“Ek is maar ‘n crafty-mens,” was haar eerste woorde nadat die Herald haar gevra het om meer van haarself te vertel. Sy is tans die bestuurder van die Loelin’s Arts and Crafts-winkel in Culemborgpark. Haar suster, Lindie Diedericks, is die eienaar.

Alhoewel Ulandie tans in Homelake woon, lê Culemborgpark haar baie na aan die hart. Sy’s daar gebore en haar ouers woon nog in die huis waarin sy grootgeword het.

Ulandie het haar laerskooljare by Laerskool Randfontein deurgebring waarna sy Hoërskool Riebeeckrand toe is.

“Ek was die stil een op skool,” het sy gesê.

Na skool het sy drie jaar lank by Randfontein Skryfbehoeftes gewerk. Daarna het sy nagenoeg 13 jaar in Alberton gewoon waar sy met Johan getroud is.

In 2014 het hulle besluit om terug te keer Randfontein toe sodat hul dogtertjie Miané, 5, meer tyd saam met ouma en oupa kon deurbring.

“Daar is ‘n sêding wat baie waar is: ‘As jy een keer in Randfontein gebly het, sal jy altyd terugkom’.”

Sy beskou haarself as ‘n familiemens, is mal oor kosmaak en baie lief vir kinders. Hulle bied juis elke Vrydagmiddag ‘n Kiddie-klub vir kinders van alle ouderdomme by Loelin’s Arts and Crafts aan.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button