GPF bou span om die braaivleisvuur
Die GPF in Randfontein en lede van so ver as Fochville het 'n vleisie gebraai uit waardering vir hul lede in Loumarina.
Lede van Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in die Loumarina-omgewing en ander gebiede het op Saterdag, 8 September ‘n vleisie oor die kole gebraai.
Die doel van die braai was spanbou en GPF-lede van so ver as Fochville het dit bygewoon.
Volgens Henry Boyce, GPF-operasiekoördineerder, moet lede op mekaar kan steun.
“Ons kom soms in situasies waarin ons werklik op mekaar moet vertrou, daarom moet ons mekaar leer ken. Ons plaas ons lewens op die spel vir die gemeenskap, maar soms ook vir mekaar. Ons funksioneer almal saam en ons het almal dieselfde doel – om misdaad in ons gemeenskap te beveg,” het hy gesê.
Hoewel dit nie gereeld gebeur nie, glo Henry dat GPF-lede wel bederf moet word uit waardering vir dit wat hulle doen, selfs al is dit met ‘n braai of ‘n wegneemete.
Volgens Henry vaar die GPF se operasies baie goed, veral op plase en plotte, en die talle arrestasies kan daarvan getuig. Hulle kry ook baie samewerking van die polisie, maar hulle het steeds nuwe lede en patrolleerders nodig.
“Ons as eenheid maak ‘n groot impak. Ons standaard is hoog en ons wil dit graag so hou deur aan te hou verbeter, te groei en sterker te word,” het Henry bygevoeg.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!