NewsSchools

Little Angels vier Loslitdag

Die kleuters van Little Angels Dagsorgsentrum het nie 'n ridder op 'n wit perd nodig nie, want hulle glo in alledaagse helde.

Die kleuters van Little Angels Dagsorgsentrum het nie ‘n ridder op ‘n wit perd nodig nie, want hulle glo in alledaagse helde.

Volgens Chevonne Buitendag, eienaar van dié dagsorgsentrum het die skool Loslitdag gevier deur soos ons alledaagse helde aan te trek. Kleuters het die dag met groot opwinding en breë glimlagte by die skool opgedaag, uitgevat soos hul gunsteling superhelde en karakters. Daar was iets van alles – vanCaptain America tot Prinses Anna van Frozen-faam en selfs ‘n Minnie Muis.

Francois en Elmie Pieters het soos hul gunsteling alledaagse helde aangetrek. Foto: Ingestuur

“Die kinders was almal baie opgewonde om soos hulle gunsteling helde te kon aantrek en almal was bly om die dag te kon vier,” het Chevonne gesê.

Die hoogtepunt van dié dag se vieringe was die feit dat hulle die dagsorgsentrum vir gestremde kinders in Randfontein, die Rainbow Daycare Centre, kon ondersteun deur hul Loslitdag-plakkers by hulle te koop.

Nicola Pereira en Mia Du preez het soos hul gunsteling alledaagse helde aangetrek. Foto: Ingestuur

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button