NewsSchools

Rappies het ‘n hart vir diere

Laerskool Rapportryer se Raakvatters het onlangs hond - en katkos aan Castaways geskenk.

Laerskool Rapportryer se Raakvatters het op die eerste dag van Maart besluit om na Castaways Animal Sanctuary uit te reik.

Hulle het honde- en katkos geskenk en kwaliteittyd saam met die diere deurgebring. Volgens Roleen Olivier, skoolwoordvoerder, was dit ’n lekker dog hartseer uitstappie.

Laerskool Rapportryer se Raakvatters het op Vrydag 1 Maart na Castaways Animal Sanctuary uitgereik. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Die leerders het kennis gemaak met die personeel van Castaways. Hulle het die leerders vertel hoe baie katte en honde in Randfontein nie huise het nie of wees is,” het sy gesê.

Daar is drie groot hokke vir katte en spesiale hokke vir babakatte in en rondom die huis. Dit was vir die leerders ‘n groot plesier om te kon sien dat die katte vrylik rondbeweeg en selfs in die hokke kan boomklim. Die honde word afsonderlik in hokke aangehou en die leerders kon nie glo watter hartseer verhale daartoe gelei het dat die diere by Castaways beland het nie.

“Ons leerders het ook geleer hoe om diere reg te hanteer, soos hoe om ‘n dier te groet, die dier op te tel, hom te vervoer, hoe om diere dop te hou vir siektes en baie meer. Die hoogtepunt van die middag was toe die leerders van die katte en honde kon vashou en vertroetel.”

“Hulle kon heerlik met die diere binne hul area speel, hulle vryf en liefde gee. Die diere en die kinders het dit baie geniet,” het sy bygevoeg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button