NewsSchools

Skoonlief en die Ondier gaan matriekafskeid toe

Hoërskool Riebeeckrand se skoolhoof en die adjunkhoofde het soos die karakters in die bekende Beauty and the Beast-fliek aangetrek en die skoolhoof het elke leerder se uitnodiging persoonlik oorhandig.

Hoërskool Riebeeckrand het reeds begin beplan aan ‘n skouspelagtige matriekafskeid vir 2019.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, is die tema van vanjaar se matriekafskeid ‘Beauty and the Beast’.

“Ons het op Donderdag, 7 Maart vir matriekleerders ‘n voorsmakie gegee van wat die matriekafskeid sal inhou. Ons hou daarvan om baie aandag aan die aand te gee omdat dit die afsluiting van die leerders se hoërskoolloopbaan is,” het sy gesê.

Hannes Maartens, Cassie van der Walt en Annelize van den Berg as die karakters van die bekende Beauty and the Beast-fliek. Foto: Jaco-Mari Futcher

Annelize van den Berg, skoolhoof, asook die skool se adjunkhoofde, Cassie van der Walt en Hannes Maartens het soos die karakters in die bekende Beauty and the Beast-fliek aangetrek en die skoolhoof het elke leerder se uitnodiging persoonlik oorhandig.

Leerder kan nou al begin uitsien na die glansgeleentheid wat op 26 September by Usambara in Krugersdorp gaan plaasvind.

“Elke leerder is persoonlik uitgenooi omdat ons die tyd ekstra spesiaal wil maak sodat elke leerder die jaar kan onthou.”

Elzeri het gesê dat hulle hoop dat die gemeenskap soos elke jaar die skool se leerders tydens die matriekafskeid sal ondersteun omdat dit so ‘n belangrike aand vir elke jongmens is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button