NewsSchools

Rappies besoek taksidermis

Laerskool Rapportryer se Raakvatters het onlangs by 'n plaaslike taksidermis gekuier om meer oor die proses van diere opstop te leer.

Op 12 April het die Raakvatters van Laerskool Rapportryer (Rappies) in Brandvlei by die Cradle of Man Taksidermis gaan kers opsteek om te sien hoe diere opgestop en bewaar word.

Minke Geldenhuys en Megan Jonker bestudeer ‘n opgestopte krokodil. Foto: Ingestuur

“Die leerders het ’n toer deur die fabriek gehad waar al die stappe mooi aan hulle verduidelik is. Die hele proses vandat die dier geskiet is totdat die trofee gemonteer word, is ’n hele mondvol wat die leerders met groot nuuskierigheid waargeneem het,” het Roleen Olivier, skoolwoordvoerder vertel.

Rappies se Raakvatters het onlangs by ‘n plaaslike taksidermis gekuier. Foto: Ingestuur

Volgens Roleen was die uitstappie ‘n reuse sukses en het dié Rappies-leerders baie geleer.

“Hulle kon selfs aan die gemonteerde diere vat – iets wat hulle in die natuur self nooit sou kon doen nie,” het sy bygevoeg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button