Kleuters en junior leerders van Laerskool Randfontein het op Vrydag, 22 November die jaar goed afgesluit met ‘n skuimpartytjie.
Almal het die dag geniet, ook die onderwysers wat lekker in die koelte kon sit en kyk hoe die leerders in die skuim baljaar.

Firematic het seker gemaak dat daar genoeg skuim was, wat toe later vir water verruil is. Die laerskoolleerders het nie op hulle laat wag om in die skuim te gaan speel nie en sommige van die onderwysers het nat skuimdrukkies van die leerders gekry.
Die Ramkriekies het hul dag geniet op die springkastele wat Di-Anne Reed, ‘n ouer van Laerskool Randfontein geborg het.







At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



