NewsSchools

Ram se koor bekoor Randpoort Tuiste

Laerskool Randfontein se koor vermaak die bejaardes van Randpoort Tuiste.

Koorlede van Laerskool Randfontein (Ram) het vir die afsluiting van die skooljaar besluit om die inwoners van Randpoort Tuiste met ‘n uitvoering op Donderdag, 7 November te bederf.

Volgens Bessie van der Walt, ‘n inwoner van Randpoort Tuiste, het die bejaardes dit baie geniet en is na die optrede deur die ouers van die koorlede met koek en lekkernye bederf.

“Dit was ‘n baie oulike optrede en almal het regtig baie moeite gedoen,” het Bessie vertel.

“Die koor het fantasties gesing en ons waardeer dit baie,” het Ria Hattingh, nog ‘n inwoner van Randpoort Tuiste gesê.

Die Randpoort Tuiste-inwoners sê graag baie dankie aan die koor van Laerskool Randfontein vir ‘n wonderlike uitvoering en die lekker bederf.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button