NewsSchools

Rappies Pre-Primêr hou gradeplegtigheid

Rappies Pre-Primêr het gradeplegtigheid gehou om totsiens te sê vir hulle Graad R-leerders van 2019.

Rappies Pre-Primêr het op Donderdag, 7 November hulle Graad R-gradeplegtigheid gehou.

Volgens Charmaine du Preez, ‘n Graad R-juffrou by die skool het die leerders te spoggerig in hul togas gelyk.

Die Graad R-klas van 2019. Foto ingestuur.

Sy het verduidelik dat daar elke jaar ‘n aand opsy gesit word vir die hardwerkende Graad R-leerders van Rappies Pre-Primêr.

“Vanjaar kan ons met trots weer erkenning gee aan die leerders deur ‘n gradeplegtigheid te hou. Dit is duidelik dat elkeen reg was om met trots vir die kamera te glimlag,” het Charmaine gesê.

Juffrou Charmaine du Preez saam met Tihan Barnard. Foto ingestuur.

Die Graad R-leerders was baie opgewonde oor die gradeplegtigheid want dit beteken een stap nader aan grootskool.

“Baie geluk aan al die Graad R-leerders van Rappies Pre-Primêr, en sterkte vir Graad 1.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button