NewsSchools

Tyd om te vier vir Riebeeck-matrieks

Die 2019-matrieks van Hoërskool Riebeeckrand kon nie ophou glimlag nadat hulle hul uitslae ontvang het nie.

Hoërskool Riebeeckrand se 2019-matriekklas was op Woensdag, 8 Januarie al te bly om uiteindelik klaar te wees met skool.

Matrieks het landswyd die nasionale slaagsyfer van 81,3 persent by hul betrokke skool met vonkelwyn en glimlagte gevier.

Jani Robertson en Duane Janse van Vuuren is trots op haar uitslae en sien uit na vanjaar.

Daar was groot opgewondenheid want skoolkinders is hulle nie meer. Die pad tot by hierdie dag was lank, maar vir die meeste het 12 jaar se harde werk uiteindelik vrugte afgewerp.

Monique Pienaar, Naledi Pelega en Frank Ndlovu was nog nooit so bly om die goeie nuus te ontvang nie.

Baie geluk aan die matrikulante van Hoërskool Riebeeckrand!

KYK HIER:

Gerhard en Louisa Mulder kyk na hulle dogter Melouise se uitslae.
Trevor en Leanne Scheepers is baie trots op hul dogter Tarryn se goeie uitslae.
Reyner la Grange en Willem Oberholzer is trots dat hulle geslaag het.
Cristasjha van der Linde, Vignette Janse van Rensburg en Anike Steenkamp is bly om hulle grootmenslewe te kan begin.
Vriende klets lekker saam oor die skooldae wat agter die rug is.
Janeske Venter is baie verlig na al die stres.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button