Hoërskool Jan Viljoen het op Donderdag, 13 Februarie hulle akademiese prysuitdeling gehou om erkenning te gee aan hul leerders.

Volgens Tammy Smith, skoolwoordvoerder, blink die leerders nie net uit wat hul gemiddelde persentasies betref nie, maar hul vakprestasies is ook besonder goed.
Duxleerders op grond van 2019 se uitslae:
• Zenè Harmse (Graad 8)
• Gemma Botha (Graad 9)
• Nicole Roodt (Graad 10)
• Carmen de Beer (Graad 11)
“Hoërskool Jan Viljoen is baie trots op elke leerder se uitstekende prestasies,” het Tammy vertel.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



