"Daar is ook veediefstal aangemeld maar die vee is darem veilig teruggevind. Foto: TanteTati van Pixabay.
Minstens sewe insidente is gedurende die naweek van 4 tot 6 September net in Randfontein by EPR Sekuriteit aangemeld.
Daar is geen insidente in Westonaria aangemeld nie.
Volgens Johan Krogh, hoofbestuurder van EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand het die meeste insidente by besighede (3) en wonings (3) plaasgevind, en slegs een insident in die straat.
Die afgelope naweek is daar weer ‘n verskeidenheid van insidente gerapporteer, wat gewissel het van saakbeskadiging tot diefstal.
“Daar is ook veediefstal aangemeld maar die vee is darem veilig teruggevind. EPR het ook Saterdag, 5 September in die vroeë oggendure ‘n kragopwekker in Wilbotsdal gevind wat vir seker in die area gesteel is. Die regmatige eienaar kan die kragopwekker gaan uitken en terugeis by Randfontein Polisiestasie.”
EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:
EPR se jongste volledige misdaadverslag. Foto ingestuur.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.