CrimeNews

Misdadigers laat hulle nie inperk nie: 13 insidente in Randwes

Jongste volledige misdaadverslag van EPR toon minstens 13 insidente, waarvan nege by besighede was.

Minstens 13 insidente is gedurende die naweek van 18 tot 20 September in Randwes (Randfontein/ Westonaria) by EPR Sekuriteit aangemeld.

Volgens Johan Krogh, hoofbestuurder van EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand het die meeste insidente (nege) by besighede plaasgevind. Daar was verder twee insidente by wonings, een by ‘n privaathospitaal en een by ‘n laerskool in Venterspos.

“Die aanpassing van die aandklokreël en verslapping van ander inperkingsregulasies het beslis ‘n negatiewe uitwerking op misdaad in die omgewing.

Huisbrake is beslis weer aan die toeneem en meer insidente vind plaas na 10nm.

“Die meeste insidente is oor die naweek ook weer by besighede aangemeld aangesien meeste besighede dan gesluit is en daar niemand op die persele is nie,” het Krogh gesê.

EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:

EPR se jongste volledige misdaadverslag. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button