Op 11 Oktober het dié persoon na bewering 'n lid van die publiek van sy bankkaart by 'n OTM in Westonaria beroof. Lede van die publiek het dit raakgesien en die verdagte vasgekeer. Nog ses verskillende bankkaarte is sy besit gevind. Hy is vir verdere ondersoek aan die polisie oorhandig. Foto: EPR Wesrand Facebook-blad.
Minstens 14 insidente is gedurende die naweek van 9 tot 11 Oktober in Randwes (Randfontein/ Westonaria) by EPR Sekuriteit aangemeld.
Volgens Johan Krogh, hoofbestuurder van EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand het die meeste insidente (ses) by besighede plaasgevind. Daar was verder vier insidente by wonings en twee by ‘n hoërskool in Greenhills.
Verskeie insidente is die naweek aangemeld met ‘n duidelike toename in diefstal en huisbrake in die omgewing.
“Vier verdagtes is die naweek gearresteer vir misdade wat wissel van betreding tot diefstal en inbraak. Twee verdagtes is op heterdaad in ‘n kerk in Westonaria betrap en gearresteer nadat hulle ‘n venster gebreek en so toegang verkry het. Daar is ook ‘n geval van gewapende roof by ‘n vulstasie in Hoofrifweg in die dorp aangemeld waarby drie verdagtes betrokke was,” het Krogh gesê.
EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:
EPR se jongste volledige misdaadverslag. Foto ingestuur.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.